Huis + tuin

Sit dit só bymekaar

Roosmaryn en rondeblaar-bloekom (Eucalyptus) se takkies ruik wonderlik, terwyl aalwyne en woestynrosies die kollig steel met ’n tikkie drama. Tjienkerientjees en krismisrose uit jou of jou buurman se tuin bring sagtheid en kleur. Artisjokke of wildeknoffel kan jy sommer by die groentewinkel koop vir ’n interessante kinkel aan jou skepping. En as daai rangskikking dalk net ’n bietjie kleur kort, druk ’n paar massiewe pienk of rooi tuinrose tussen-in!

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6155/8c5623a35e6c4d199c75e6b158a77aed.jpg Rondeblaar-bloekom, roosmaryn, wilderabarberblomme, wildeknoffel, tjienkerientjees en wilgertakkies saam met drie massiewe donkerpienk tuinrose sorg vir ’n groot pot mooi!

Het jy geweet?

Die spekboom (Portulacaria afra) is ’n vetplant wat algemeen in die Oos- en Wes-Kaap voorkom. Dié plant het ’n besonderse vermoë om groot hoeveelhede koolstofdioksied uit die lug te neem en na suurstof om te skakel: Een hektaar spekboom neem gemiddeld 4,2 ton koolstofdioksied per jaar uit die atmosfeer en in dié opsig is spekboom tot 10 keer doeltreffender as ’n tropiese reënwoud! Diere, veral olifante, is lief vir die klein blare, maar mense kan dit ook eet. Die blaartjies het ’n effens suur suurlemoenagtige smaak – strooi dit gerus oor jou slaai.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6155/8ae057c44ccb426ebaca8afffbdc38bd.jpg Spekboom, soutbostakkies, woestynrose, wildeknoffel, krismisrose en roosmaryn werk uitstekend saam.

Shané Barnard

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM