Huis + tuin

Sit versamelings só bymekaar

(Francois Oberholster)
  • Raam ’n ou almanak se foto’s van dieselfde tema (byvoorbeeld die Eiffeltoring) en groepeer dit saam teen ’n vaal muur.
  • Enige ou plakkaat wat mooi geraam word, maak ’n treffende stelling.
  • As jou rame baie ryklik versier is, hou die foto’s eenvoudig in swart en wit.
  • Skeur ’n ou boek se bladsye of prentjies uit en sit dit met Mod Podge teen die muur of op werkblaaie vas.
  • Kies ’n skema soos piouter en sit alles in dié materiaal of kleur bymekaar.
  • Pleks van moderne handvatsels vir ’n ou kassie, kies baie swierige handvatsels – die transformasie is ongelooflik.
  • Dit maak nie saak as ou goed so effens beskadig is nie, byvoorbeeld stampmerke op ’n meubelstuk se hoeke of gate in ’n mat.
(Francois Oberholster)

http://tuis.co.za/dekor/sit-versamelings-so-bymekaar/attachment/0514decbibette-027/

admin

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM