Huis + tuin

Slaap sag

Annelize Bosch van Brooklyn, Pretoria, skryf Toe ek hierdie dubbelbed in 1993 by ’n tagtigjarige man koop, het dit nog ’n strooimatras gehad. Hy het vir my gesê sy pa het dit in 1946 vir hom gegee as ’n trougeskenk – en dit was toe reeds tweedehands! Wat is dit werd?

Jo-Marie Rabe, meubelhistorikus en mede-eienaar van Piér Rabe Antiques, antwoord: Dié kiaatbed dateer uit die 1940’s. Dis ’n voorbeeld van die laat-kothuisstyl en is in redelike groot volumes in fabrieke gemaak. ’n Tipiese kenmerk van die beddens is die soliedehoutrame rondom die dunner laaghoutpanele. Ná die Tweede Wêreldoorlog is baie van die materiale wat gedurende die oorlog ontwikkel is, vir meubelvervaardiging gebruik – laaghout was een daarvan.

OUDERDOM Circa 1940’s

WAARDE R4 500

Shané Barnard

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM