Marlene Cuyler skryf uit Springs Ek het ’n speldekussing in ’n potjie present gekry en moet hom nou uitplant in my tuin wat heelwat ryp kry in die winter. Watter posisie sal die beste wees, en hoe moet ek die grond voorberei?
JJ antwoord: Plant jou speldekussing in volson. Hoewel hy redelik ryp kan hanteer, kan jy hom gerus in die winter toemaak met rypdoek. Speldekussings verkies suur grond; verryk die grond dus met suur kompos (dit word gemaak van dennenaalde en bas en is by jou kwekery beskikbaar) en moenie kunsmis gee nie. Jy kan die struik ook in ’n groter pot uitplant indien jy verkies – gebruik dan 50% suur kompos en 50% potgrond.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6160/6baad0a0ecf44d679e1e1f70289cd668.jpg













