Huis + tuin

Stamvrot

’n Leser wie se vaderlandswilger in sy meenthuistuin tot dusver goed geaard het, sien nou dat die bas aan die onderkant besig is om te verdroog, terwyl daar swart swamme op die takke uitslaan. Hy wil weet wat is fout.

JJ antwoord: Dit lyk soos tekens van stamvrot op jou boom – iets wat kan gebeur as ’n boom te diep geplant is. Maak so: Grawe eerstens langs die stam af om die basis van die plant oop te kry sodat hy kan droog word.Behandel dan die boom se stam en basis met Protek Mycoguard (’n algemene swamdoder), gemeng met water in ’n gieter. Herhaal die behandeling ná twee weke. Ek hoop jou boom herstel gou.

http://tuis.co.za/tuindagboek/stamvrot/attachment/img_0769/

http://tuis.co.za/tuindagboek/stamvrot/attachment/img_0768-2/

admin

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM