Wat jy nodig het:
- gelamineerde-dennehoutplank
- goue viniel
- patrone
- aanspuitgom
- Woodoc Water-Borne FLOOR
- Woodoc COLOURS in Clifton Grey
- handwerkmessie
- skêr
- figuursaag
- G-klampe
- skuurpapier
- boor met 8 mm-houtboorpunt
- lint
So maak jy:
- Laai die patrone af en druk dit uit. [Laai die KERSVERSIERINGS-PATROON hier af] [Laai die STERPATROON hier af]
- Hou die ster-patroon eenkant en plak die ander op die agterkant van die goue viniel met die aanspuitgom. Gebruik die handwerkmessie en skêr om die vorms versigtig uit te knip.
- Trek die ster op die dennehoutplank af. Hou die plank in plek met die G-klampe en saag die vorms met die figuursaag uit.
- Boor 'n gat in een van die sterre se punte.
- Skuur die rande glad.
- Meng die Woodoc COLOURS by die Water-Borne FLOOR in en wend twee lae aan albei kante van die sterre. Wag tot die eerste laag droog is voor jy die tweede een aanwend.
- Wag tot die tweede laag droog is en plak die viniel-vorms in die middel van elke ster.
- Ryg 'n lint deur die gat wat jy in stap 4 gemaak het en hang jou sterre op.
Video: Francois Oberholster | Redigering: Suné Esterhuizen | Musiek: www.bensound.com













