Kunstige STOELE
Gebruik stoele se sitplekke om jou mooigoed op uit te stal.
Skildery van Madelein Marincowitz (R9 000), navrae:
Rust-en-Vrede-galery. Mat (vanaf R129) en stoele
(R299 elk, in 4 kleure, asook in swart en wit, beskikbaar),
Mr Price Home. Beker (R225), Loft Living, www.loftliving.co.za.
Koekstaander (R170), Woolworths.
Hier's nog selfmaak-wenke
|
Maak
PLEK
As jou blyplek klein is, kan jy só ruimte skep: Hang 2 (of al 4) stoele teen die muur op aan stewige hake (R100 vir 2, Moroccan Warehouse). Skuif die tafel teen die muur vir beweegruimte. Jy kan nóg ruimte bespaar as jy die bankie ( R850 ) langs die tafel ( R1 950 ) skuif – albei van Beachcomber , www.beachcomber.za.net. Gestreepte koffiebeker ( R14,99 ), Home Comforts . Groot houtbord ( R550 ), Penny Lane . |
|
|
Voor
DIE BAD
Meet die ruimte tussen die sparre van die stoelpote noukeurig en laat sny ’n dik stuk glas of hout daarvolgens. Plak dit vas met kleurlose silikoon om ’n ekstra rak te maak. Badkamermat ( R130 ), Woolworths . WENK As jy oorskiet- of ou teëls het, plak dit vir ’n interessante muurskildery met teëlsement teen jou badkamermuur vas. Rangskik hulle styf teen mekaar, al verskil die dikte van die teëls – dit gee tekstuur. Glasteëltjies van Pudlo, www.pudlo.co.za, ander stilis se eie. |
|
|
Kom
SIT
Rooi gestoffeerde stoel ( R2 895) , Loft Living. Sytafel ( R550 ), Beachcomber . Handgeknoopte wolmat ( R3 995 ), metaal-vaas ( R599 ) en ronde koffietafel ( R6 495 ), Weylandts , www.weylandts.co.za. Oorgroot rooi bord ( R450 ) en glasies ( R30 elk), Moroccan Warehouse . Kussings ( R130 elk), Home Affairs . WENK Verf jou kombuisstoele met Plascon se nuutste kleure soos Njabulo (R6-A1-1, rooi), Lemon Rind (Y4-A1-3, geel) en Dylan’s Blue (B5-A1-2, blou). |
|
|
|
Ken jou
PLEK
Maak of koop vir elkeen in jou gesin sy eie stoelversiering. Voëltjie Laat laser-sny ’n ontwerp van jou keuse by Cape Craft Services (pryse vanaf R3 ), www.capecraft.co.za Hart Maak ’n laphart en werk ’n klein perlemoenknopie in die middel vas. Knope-Krans Ryg dun draad (by kralewinkels te kry) deur knoop-gaatjies en buig in ’n sirkel. |













