Dra die gevoel van die see op jou huis oor met dié stranddekor-idees.
Sonder sorgeDaar’s niks wat jou meer aan die lewe langs die kus herinner as verweerde hout waarvan seeblou verf stuk-stuk afdop nie. Eenvoud en die moeitevrye voorkoms is koning. Hou tafel- en werkblaaie rommelvry; hou net die allernodigste aan en gee jou huis – en jou gedagtes – kans om asem te skep.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6146/69cc96eebf42444e9b8f7727bf000020.jpg
Alles skeepsregLaat die dinge wat jy uitstal, die storie rondom die tema vertel. Jy kan nie ’n fout maak met ouwêreldse skeepsvaart-elemente soos klein houtskippies en gesandblaasde glasbottels nie.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6146/f9481c6710c942e0b88da74c961206aa.jpg
Sit jou hoed op
Moedig elkeen in die gesin aan om hul vel teen die son se strale te beskerm. Hang ’n verskeidenheid sonhoede by die voordeur – reg vir raakvat met die uitstapslag.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6146/e56a60af07fd4469b9abd833922bac13.jpg
Verfrissend andersJou strandhuis kan ’n klassieke óf kontemporêre skoonheid hê. Hier versag enkele skulpe, ’n groot stuk koraal en hout die andersins strak lyne. Kyk net hoe die ruwe tekstuur van ’n dwarslêer ’n treffende basis vir die gladde chroomkrane vorm – met al die pypwerk netjies binne-in versteek. Maak net jou oë toe, en verbeel jou die golf van koel druppels wat oor jou spoel proe na sout.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6146/00d6dea97aa84f74972f1b63fdc2b3c2.jpg
Tel skatte opMaak ’n aantreklike voorstelling van klippies en skulpies wat jy op jou wandelings strandlangs en tussen die duine bymekaargemaak het. Die teksture en kleure sal jou telkens aan jou heerlike seevakansies herinner!

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6146/95fb8c45e6e348d89965fdfdf43337b3.jpg
Saam met die stroomMoeder Natuur skep die mooiste kunswerke – en jy mag dit maar met trots uitstal. Rangskik stukke dryfhout saam in die middel van jou tafel of plaas dit in ’n terracotta-pot op ’n ereplek op jou stoep of in jou tuin.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6146/63425ad4e6244254982c6cb67cf7128a.jpg













