Dié potjie, 12 cm hoog en 44 cm in deursnee, het aan my oumagrootjie behoort en was in die Groot Trek. Daar is geen kentekens aan die onderkant nie.

Shona Robie, hoof van die keramiekafdeling by Stephen Welz & Co, antwoord: Die suikerpot en -deksel (dit lyk of die puntversiering weg is) is koperglansware, wat in die 19de eeu in Staffordshire vervaardig is. Baie min stukke is gemerk. Koperglansware is meer dikwels as silwer- en rooibruin glansware gemaak en word steeds by verskeie Staffordshire-pottebakkerye vervaardig. Ongelukkig is die afwerking nie meer so glad en die kleur nie so helder en spieëlagtig soos destyds nie, omdat die pottebakkers nie meer goud saam met die koper gebruik nie.
OUDERDOM: circa 19de eeu
WAARDE: R50–R100













