Huis + tuin

Trap maar

(Jan Ras)

’n Leser wil haar grasperk vervang met ’n grondbedekker wat nie gesny hoef te word nie, maar dieselfde funksie verrig.

JJ van Rensburg antwoord: Alle grondbedekkers kan natuurlik nie dieselfde swaar verkeer as ’n grasperk dra nie – party is net vir die mooi.

• Oorweeg die volgende as jy ’n hele of groot dele van ’n grasperk wil vervang met iets waarop jy kan loop:

Phylla nodiflora

(fielablommetjie of “daisy lawn”) sal sekerlik die meeste verkeer dra. Dit groei plat teen die grond, versprei vining en kan van volson tot halfskadu hanteer. Dymondia margaretae is inheems, baie gehard en droogtebestand. Dit kan matige tot swaar verkeer hanteer, hou van volson en maak geel blommetjies. Mentha requinii/pulegium groei en versprei baie vinnig en kan matige verkeer in goedgedreineerde grond hanteer. Pratia pedunculata is baie fyn, maar kan ook matige verkeer hanteer. Dit groei in halfskadu tot volson. Falkia repens is inheems en droogtebestand, maar groei beter in natter areas. Dit versprei vinnig, kan ligte verkeer dra en groei in volson tot halfskadu.

• Die volgende grondbedekkers is meer ornamenteel: Ophiopogon ‘Kyoto Dwarf’ groei in halfson tot 60% skadu; Lysimachia nummularia kan groot areas vinnig bedek; Armeria maritima groei in polle en maak mooi wit of pienk blomme; Viola hederacea het baie water nodig.

(Jan Ras)

http://tuis.co.za/tuindagboek/trap-maar/attachment/tuishome0207-koi-tuin-56-jpg/

admin

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM