Verf is ’n uiters belangrike deel van huisonderhoud – iets waarvoor jy moet begroot en spaar. Hoewel binneverf tot 10 jaar sal hou, kan nuwe binneversiering en faktore soos kinders wat hul babakleure ontgroei, ’n nuwe dekorstyl of probleme met klammigheid jou noop om weer te verf. Gelukkig is binneverfafwerking meestal maklik om skoon te hou en te onderhou.
Binneruimtes word dikwels stuk-stuk met verloop van tyd geverf. Onthou net dat elemente soos plafonne, vloerlyste, vensterrame en deure terselfdertyd oorgeverf moet word.
Buiteverfafwerking, aan die ander kant, is duur; daarom is dit belangrik om die korrekte prosedure en aanwendingsmetode te volg om seker te maak dat dit hou. Afhangend van die weer en ander toestande, kan die leeftyd van buiteverf so lank as sewe jaar wees. Maar die meeste huise kort tog maar elke vyf tot ses jaar ’n vars laag verf. Jy kan die leeftyd van jou buiteverf verleng deur gereeld aandag te gee aan onderhoud, herstelwerk, vogtigheid en ander probleme, soos om plekkies waar die verf afdop op te fris. Verf ook gereeld die vensterrame, geute, hekke, deure en ander toebehore, en maak altyd seker alle onderhoudswerk is op datum voor jy begin verf.
Kry ’n professionele kontrakteur as jy onherstelbare skade en duur herstelwerk wil vermy én ’n langdurige afwerking op die koop toe wil verseker. Skakel gerus Phoenix Paint Finishes by 082 775 3910 vir ’n kwotasie.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6148/8cd0635c48da4ccf9347b8426006ee2e.jpg

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6148/f94e104b11dd4fe0b68741b8083775ee.jpg













