Huis + tuin

Vars idees

StroopsoetWit en groen in asemrowende eenvoud ... Maak jou versameling blikkies deel van die rangskikking (onthou om dit met ’n plastiekvoering of bloemistespons te beskerm).

http://tuis.co.za/wp-content/blogs.dir/1/files/2012/08/0911CLrecycleflower-8.jpg

KleurspelMaak jou eie spierwit vase: Gooi ’n bietjie verf, gemeng met ’n paar druppels verdunner, met ’n tuitbekertjie in doodgewone helder bottles en rol dit rond tot die hele binnekant met die verf bedek is. ’n Blom in elkeen sorg vir ’n vars lenteskouspel in jou huis.

http://tuis.co.za/wp-content/blogs.dir/1/files/2012/08/0911EOelmarie-2.jpgStille kragGeharde vetplante, ruwe hout, ’n man wat ’n bars kan kyk ... en dan die brose papawers in ou glasbottels, raakgeloop by ’n straatmark. Wys jou net: Skoonheid blom keer op keer tussen sterk elemente!

http://tuis.co.za/wp-content/blogs.dir/1/files/2012/08/0911CLrecycleflower-2.jpg

Daaglikse spyseGee die kanniedoods uit verskillende ou glasstelle weer nut met ’n hand vol blomme uit jou tuin, en stal dit op ’n ereplek uit!

http://tuis.co.za/wp-content/blogs.dir/1/files/2012/08/0911CLrecycleflower-9.jpg

admin

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM