Huis + tuin

Vars idees

(FRANCOIS OBERHOLSTER)

Bêreplek. Ons almal het dit nodig ... en sommer baie daarvan.

Kaalvoet in die reënDit sous buite en jy hardloop met jou sopnat sambreel die huis in – maar wag, jy wil nie jou vloer natmors nie. ’n Houtpotplanthouer en ’n ou sinkemmer is ideale sambreelstaanders as jy dit op die regte plek in jou gang of op die stoep neersit. Die helderkleurige sambrele sorg boonop op ’n grys dag vir ’n spatsel kleur in jou huis.

(FRANCOIS OBERHOLSTER)

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6147/d2d0730f2801440a8fbe95a56cbb1448.jpg

Kry ’n houvasKyk net hier – dié huiseienaars het ’n ou vurk ingespan as ’n eiesoortige handvatsel vir ’n laai. Buig en draai dit net en jy’t ’n prettige element waarmee jy kombuiskassies, laaie of laaikaste kan opvrolik.

(CHRISTO.LOTTER)

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6147/4c22d799ec5a4b319314fd067d9008aa.jpg

Skatkis’n Klein badkamer het allerhande uitdagings, waarvan bêreplek een van die grootste kopsere kan wees. ’n Kis is ideaal om handdoeke en al daardie ander badkamersnuisterytjies in te bêre wat die vertrek onnodig deurmekaar laat lyk.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6147/d5f24be1300d47ff84f2deb602d3a96d.jpg

Netjies opgerolAs jy in die winter nie genoeg droë handdoeke in die badkamer het nie, kan jy dié dekoratiewe houer teen jou muur monteer – dis ideaal om handdoeke in te bêre en neem nie baie plek in beslag nie. En in die somer kan jy dit teen ’n muur langs die swembad hang.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6147/4dfff826a7754198ac4ec05a09920124.jpg

Fotoverhale

Snuffel in rommelwinkels (of jou ouers se solder) rond vir ou filmrolhouers en ander interessante blikke. Dit is ideaal om al jou foto’s in te bêre wat jy nie in  albums gaan sit nie. En moenie vergeet om elke houer te merk sodat jy weet waar om te soek nie …

(FRANCOIS OBERHOLSTER)

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6147/691d85187ea544afa488c288b26c2322.jpg

admin

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM