Alle eenvoud
Interessante plantmateriaal in ’n eenvoudige wit beker. Die bobbejaanklou (Leucospermum cordifolium) in knopvorm, die Amaranthus, die sade van die kremetartboom (Andansonia digitata), Barbertonse madeliefie (Gerbera), vuurpyl (Kniphofia uvaria), gedroogde uieblomsaad (Allium) en vars aspersies (Asparagus officinalis) maak dié kombinasie ’n treffer.

Hand in die sy
Die vuurpyle (Kniphofia) se natuurlike vorm komplementeer ’n besonderse Belgiese vaas.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6149/879cb9a7c5a541eb836b85504f557de2.jpg
Volheid van die veld
Proteas, fynbos, speldekussings (Leucospermum cordifolium), aalwyn en die vrugte van die motvanger (Araujia sericifera) stort oor die rand van die pot. Die sterk plantmateriaal pas by die geroeste urn.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6149/672857def12747599cf9b76a81610efd.jpg
Balanseertoertjie
Die groen geglasuurde blompot dra die katvaring, pantoffelorgidee, geel jasmyn (Jasminum mesnyi) en die blou vergeet-my-nie.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6149/17c3ce414a26466e91123a06e1869753.jpg













