Huis + tuin

Vars idees

(Francois Oberholster)

Maak nie saak waar jy vakansie hou nie – hetsy langs die see of by jou eie huis – daar is altyd ’n rede om blomme in ’n pot te druk en te geniet. Rozanne Louw van Bloom in Durbanville wys wat jy alles met geplukte blomme en takke kan doen.

Soutbostakkies, pienk en groen krismisrose, roomkleurige tuinrose, ’n aalwynblaar, een protea, ’n paar artisjokke en papawerstingels maak ’n treffende rangskikking.

http://tuis.co.za/mobile/vars-idees-mobile/vars-idees-9/attachment/0114frofreshideas-007/

Spekboom, soutbostakkies, woestynrose, wildeknoffel, krismisrose en roosmaryn werk uitstekend saam.

http://tuis.co.za/mobile/vars-idees-mobile/vars-idees-9/attachment/0114frofreshideas-014/

Rondeblaar-bloekom, roosmaryn, wilderabarberblomme, wildeknoffel, tjienkerientjees en wilgertakkies saam met drie massiewe donkerpienk tuinrose sorg vir ’n groot pot mooi!

http://tuis.co.za/mobile/vars-idees-mobile/vars-idees-9/attachment/0114frofreshideas-018/

Sit dit só bymekaar

Roosmaryn en rondeblaar-bloekom (Eucalyptus) se takkies ruik wonderlik, terwyl aalwyne en woestynrosies die kollig steel met ’n tikkie drama. Tjienkerientjees en krismisrose uit jou of jou buurman se tuin bring sagtheid en kleur. Artisjokke of wildeknoffel kan jy sommer by die groentewinkel koop vir ’n interessante kinkel aan jou skepping. En as daai rangskikking dalk net ’n bietjie kleur kort, druk ’n paar massiewe pienk of rooi tuinrose tussen-in!

admin

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM