Huis + tuin

Vars idees April 2012

Saamgestel deur Johané Neilson Bydraes deur Simone Borcherding

Foto’s: Christo Lötter, Francois Oberholster en Ed O’Riley

Dink positief! ’n Mens weet nooit watse waterdiere so ’n boere-zen-fonteintjie bo ’n buitewasbak kan lok nie!

Vee voor jou deur Sorg dat jou elektriese hek nooit weer op ’n lastige klippie vashaak nie deur ’n besempie onderaan te heg.

Kaktus op die vlaktes Fyntuin nie vir jou nie? Geniet die kleure en lewe wat ’n versameling vetplantjies jou gee – vir baie min moeite.

Sterrenag Witgeverfde houtsterre vrolik ’n buitekuierplek op met ’n feesgevoel heeljaar – selfs wanneer die stormwolke woed.

http://tuis.co.za/wp-content/blogs.dir/1/files/2012/03/1111EOstbxmas-80.jpg

Op sy kop Moenie dink dis nag as jou ketel op die koffie is nie – span hom in as lampskerm!

Hartstog

As die omgewing jou inspireer om ’n rotstuin te maak, maak so! En sit jou hart daarin.

Carissa Govender

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM