Plant ’n verbleikblom naby jou kamer en maak jou venster wawyd oop wanneer dit begin blom sodat jy dié Brasiliaanse plant se geur nog meer kan geniet. Die struik se blomme is ’n dieppers kleur wanneer dit oopgaan, verander op dag twee na ligpers en op dag drie is dit wit. Wanneer dit laat in die lente blom, verloor die plant die meeste van sy blare – en
dan het jy net ’n oorvloed blomme! Die verbleikblom groei maklik en vinnig, hou van warm, vogtige omstandighede en groei goed in dele met ’n hoë reënval. Dit aard nie
goed in baie droë binnelandse streke nie, en in winterreëngebiede moet jy die plant in die droë somer gereeld natlei. Die struik hou van komposryke grond. En as jy dit in halfskaduwee plant, is asaleas en fuchsias goeie pasmaats.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6159/fadd78439d794c97931539c7372333bc.jpg













