Huis + tuin

VIDEO: Verseël jou badkamerkas met Woodoc

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
woodco
woodco

Wat jy nodig het

* Woodoc 10 Binnenshuis Poliwas Verseëlaar (Kleurloos, Fluweel)

* skuurpapier (80- en 100-grint)

* maskeerband

* verfkwas

* staalwol

* lap

* mineraalterpentyn

STAPPE

1. Skuur die oppervlak glad met die skuurpapier.

2. Maak seker dat die oppervlak droog en stofvry is. Plak maskeerband om die rande.

3. Begin deur Woodoc 10 aan te wend totdat die oppervlak egalig blinknat bly vir ten minste 10 minute na aanwending.

Wend nog verseëlaar aan op dowwe of droë kolle. Laat heeltemal droog word.

4. Skuur liggies met staalwol. Verwyder die stof met 'n skoon, droë lap en vee dan af met 'n lap, klamgemaak met mineraalterpentyn.

Wend nog twee lae aan - volg die stappe hierbo, maar moenie skuur ná die derde laag droog is nie.

PROMOSIE

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM