Huis + tuin

KYK | Ons maak 'n staanleer vir handdoeke

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Materiaal

• twee 1 800 mm-lengtes geskaafde dennehout van 32 mm x 44 mm (sye)

• vier 20 mm-houtpenne, elk 500 mm lank (sporte)

So maak jy ...

Meet en maak 'n merk op die smal sye van die 1 800 mm-planke, 150 mm van die ente af.

Spasieer dan nog drie merke 400 mm uit mekaar.

Boor 'n 20 mm-gat by elke merk, ongeveer 30 mm diep.

Gebruik Alcolin Professional Wood Glue en lym die houtpenne tussen die twee lang planke vas.

Wag tot die gom heeltemal droog is en skuur glad.

Deon de Goede

CTA