Die loofkleur van bladwisselende bome wissel van jaar tot jaar, en selfs dieselfde spesie kan spog met verskillende kleurintensiteite. Kies dus bome met die rykste loofkleur by jou kwekery.
• Bome wat jou herfstuin sal ophelder is die riviervaderlandswilg (Combretum erythrophyllum), Liquidambar, moeraseik, Japanse blomkersie, moerassipres, Cornus, tulpeboom (Liriodendron tulipera) en prag-van-Indië.
• Die Japanse esdoringboom met sy ryk herfs-loof en elegante vorm is ideaal vir klein binnelandse tuine. En die inheemse laventelboom (Heteropyxis natalensis) het blare wat rooi verkleur namate die weer koeler word. Dié pragtige klein boompie kan op sy eie of as ’n boord geplant word. Dis sensitief vir ryp.
• Heilige bamboes (Nandina domestica) en sy dwergvariëteit ‘Pygmaea’ is struike met varingagtige loof wat rooi en brons verkleur in die winter – hoe kouer, hoe donkerder.

http://tuis.co.za/tuindagboek/vir-jou-herfstuin/attachment/0508lbolle8/













