Huis + tuin

Wit bekoring

(Elske Kritzinger)

’n Wit bedding lyk altyd mooi en romanties, veral as wit blomme met die regte loofplante gekombineer word.

Plantlys:

• Oranjejasmyn (Murraya exotica): Uitheems, immergroen, meerjarig, volson tot halfskaduwee

• Roos, bv. ‘Iceberg’: Uitheems, bladwisselend, meerjarig, volson tot halfskaduwee

• Agapant (Agapanthus africanus ‘Albus’): Inheems, immergroen, meerjarig, volson tot skaduwee

• Kooigoed (Helichrysum petiolare): Inheems, immergroen, meerjarig, volson tot halfskaduwee

• Daglelie (Hemerocallis-hibriede, bv. ‘Joan Senior’): Uitheems, immergroen, meerjarig, volson tot halfskaduwee

• Engelvlerkies (Oenothera sin. Gaura lindheimeri ‘So White’): Uitheems, immergroen, meerjarig, volson

• Petunia (Petunia-hibriede): Uitheems, eenjarig, volson

• Sneeuvlokkies (Leucojum aestivum): Uitheems,bladwisselend, meerjarig, volson tot halfskaduwee

• Penstemon digitalis ‘Husker Red’: Uitheems, immergroen, meerjarig, volson

As jy hou van ’n oorvloed blomme wat maar kan waai in die wind, is wit engelvlerkies perfek vir ’n wit bedding. Dié blommetjies sit aan dun takkies en gee jou tuin ’n gevoel van

beweging en delikaatheid. Engelvlerkies groei vinnig en maklik en sal deur saadverspreiding hulself oraloor tuismaak. Die plante kan ook in die herfs of lente verdeel

word. Plant dit agtertoe in jou bedding in vrugbare grond en sny terug ná blomtyd. Hoewel engelvlerkies droogtebestand is, het dit in baie droë tye water nodig – maak daarom nat in die somer in winterreëngebiede om seker te wees jy word met ’n massa blomme beloon.

Plantgids

Volksnaam Engelvlerkies

Botaniese naam Oenothera sin. Gaura lindheimeri

  • ‘So White’
  • Volson
  • Rypbestand
  • Windbestand
  • Goeie plukblom
  • Groei sowat 1 m hoog
  • Blom lente tot herfs
(Elske Kritzinger)

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6160/ec2d7ba343bf4a6990895aa315d3705c.jpg

Shané Barnard

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM