Die voordele ...
• Oop rakke is prakties omdat jy dadelik kan sien wat jy nodig het en dit sommer van die rak kan afhaal.
• Lig speel lieflik met artikels wat so uitgestal word en omskep elkeen as’t ware in ’n klein kunswerk.
• Die voorkoms verander voortdurend terwyl dinge in gebruik is en nuwes bygevoeg word; dit bly dus ’n bron van inspirasie.
• ’n Skoon wit palet is tydloos, en jy sal ’n versameling in dié kleur vir baie jare geniet.
• In ’n klein of donker vertrek skep ’n wit palet die gevoel van lig en groter ruimte.
• Rakke van die vloer tot teen die plafon verskaf hoogte en skep hope ekstra bêreplek.
... en die nadele
• Oop rakke kan nooit heeltemal stofvry wees nie; maar as jy die voorwerpe gereeld gebruik, sal stof nie kans kry om daarop aan te pak nie!
• Wees streng en hou by jou wit palet – naaswit en roomkleurige artikels, of titsels rooi of blou sal eenvoudig nie werk nie.
• Omdat alles wit is, kan van jou mooigoed maande lank ongebruik op die rak bly staan!
• Klein handjies kan artikels op lae rakke maklik bykom en breek. Oorweeg dus om wit bêrehouers vir vadoeke en tafeldoeke op die onderste rakke te plaas.
• Die oplossing as jy dit moeilik vind om artikels op die boonste rakke by te kom: ’n Leer wat by jou rak pas.
Wenk Wanneer jy op die uitkyk is vir iets nuuts om op ’n bepaalde plek te plaas, probeer om jou oog op net wit goed in te stel. So sal jy jou nie deur ander mooigoed laat verlei nie.














