Jy benodig
(genoeg vir 6)
- 1 kg baba-aartappels
- 200 g spekstukkies
- 1 opgehoopte eetlepel botter
- 2 eetlepels meel
- 'n knippie gerookte paprika
- 1 l melk
- 1 koppie gerasperde belëe cheddarkaas gebraaide uievlokkies (opsioneel)
Só maak jy
1. Kook die aartappeltjies in soutwater tot sag. Dreineer en hou dit eenkant. Jy kan die aartappels heel hou of middeldeur sny sodat 'n groter oppervlak in kontak kan kom met die sous.
2. Braai die spek in die botter tot bros. Skep dit uit, maar behou die vet en klits die meel en paprika by. Klits nou die melk geleidelik met 'n ballonklitser by - só raak jy van enige klonte ontslae - en kook die mengsel vir sowat 5 minute tot dit begin verdik.
3. Proe die sous - maak seker jy proe nie meer meel nie - en geur dit na smaak met sout en peper. 4 Roer al die kaas by die sous tot dit gesmelt en die sous mooi glad is. Giet dit oor die aartappels, sprinkel die spek oor en eindig met uievlokkies vir 'n knars.
Ry & Sleep sê: Dié bykos is op sy beste terwyl dit nog warm is.












