Kos + wyn

Alles-in-een-rys

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
kortpad
kortpad
  • 15 ml - olyfolie
  • 1 - ui, gekap
  • 1 - wortel, geskil en in blokkies gesny
  • 4 - repe spek, fyngekap
  • 8 - dwergsampioene, gekap
  • 500 g - maer maalvleis
  • 30 ml - braaispeserye met byt
  • 250 ml - jasmynrys
  • 1 - blik (400 g) gekapte tamaties
  • 300 ml - vleisaftreksel
  • - avokado en basilie of vars koljander vir voorsit

1. Verhit die olie in 'n pan (kies een met 'n deksel) en roerbraai die ui, wortel, spek en sampioene tot geurig. Voeg die maalvleis by en braai tot die vleis lekker bruin word (breek enige klonte op met 'n spaan). Geur met die speserye en roer die rys by die pan tot al die korrels met die geurige olie bedek is.

2. Voeg die tamaties en aftreksel by en bring tot kookpunt, sit die deksel op en draai die hitte af tot laag. Laat stoom sowat 15 minute of tot die rys al dente is. Draai die hitte heeltemal af en laat staan nog sowat 5-10 minute of tot die vleis en rys geurig en gaar is. Voeg 'n skeutjie aftreksel by as dit droog lyk of laat kook dit 'n bietjie sonder die deksel as dit waterig is. Sit voor met blokkies avokado en 'n strooisel basilie of koljander.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM