Heerlike mac-en-kaas (met spek!)
Wat is meer vertroostend as 'n goeie "mac & cheese"? Ons resep gooi 'n bietjie spek in vir die perfekte kinkel.
Met dié pampoentert sal jou kombuis nes Ouma s’n ruik!
Pasop, want wanneer jy dié resep maak, gaan jou kombuis nes Ouma se tuisgebakte smulgoed begin ruik. Die romerige vulsel, warm speserygeure, en broskorsdeeg is ’n wenkombinasie, en elke happie voer jou terug na jou kinderdae!
Luuks, ryk en romerig: Steakpastei met spek en sampioene
’n Hartlike wintergereg wat jou huis met heerlike geure sal vul! Ryk, romerige biefblokkies saam met sampioene en aartappels onder ’n goue deegdop is trooskos op sy beste.
Stap-vir-Stap: Botterskorsie-lasagne
Vervang die gebruiklike pastavelle met dun botterskorsielagies vir dié geurige, nie-tradisionele lasagne.
KYK | Suurlemoen-mousse met 3 bestanddele!
Sit die romerige mousse in suurlemoenhelftes yskaskoud of bevrore voor as verkwikkende nagereg.
RESEP | Pasta met broccolipesto
Die heldergroen pesto kan ook as doopsous saam met brood of groentestokkies voorgesit word; dit maak boonop ’n heerlike sousie saam met geroosterde hoender en gebakte aartappels.
Marmite-tert: Nostalgie in elke hap!
Dié soort gereg is perfek vir die naweek of vakansietye wanneer jy met min moeite lekker wil eet.
RESEP | Blitsvinnige frikkadelpasta
Skep in diep bakkies en garneer ruim met kaas!
Vinnige tarte tatin: ’n Spog-nagereg in net 15 minute!
Hierdie vinnige weergawe van die klassieke Franse nagereg is ideaal vir besige dae wanneer jy wil uithaal en wys, maar met min moeite. Maak nie saak of jy dit met roomys, vla, of net so voorsit nie – jou gaste gaan smul!
