- 100 g - gesoute botter
- 250 ml - strooisuiker
- 1 - ekstra-groot eier
- 375 ml - bruismeel
- 250ml - melk
- [Vir afronding] -
- 10 ml - Marmite
- 30 ml - botter (2 opgehoopte eetlepels)
- 125 ml - skerp cheddar, fyn gerasper (opsioneel)
- 1 - bakkie biltongskaafsels (opsioneel)
Oondtemperatuur 200 °C
Só maak jy
1 Voorverhit die oond en spuit 'n 22cm-oondpannetjie met kleefwerende kossproei of voer met bakpapier uit.
2 Verroom die botter en suiker saam tot lig en donsig. Voeg die eier by en klits goed. Voeg dan die meel en melk by en klits tot die beslag net bymekaarkom. Skep in die voorbereide pan, smeer glad enbak vir 25 tot 30 minute of tot 'n toetspen skoon uitkom.
3 Smelt die oorblywende botter en Marmite saam en gooi oor die warm tert. Sny in blokkies en eet warm of koud, of met 'n strooisel kaas en biltong.
Wenk
Dié tradisionele soet koek met die souterige Marmite is pure nostalgie. Begin met die aanbevole hoeveelheid Marmite en botter, maar pas die hoeveelhede aan soos wat julle gesin daarvan hou.






