Kos + wyn

Skud, braai en geniet – dié kampvuurgroente sal harte steel!

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 1 kg - jong aartappels, vir 5-10 minute gekook in soutwater
  • 3 - eetlepels olyfolie
  • ½ - teelepel droë rissievlokkies
  • ½ - teelepel droë gemengde kruie
  • 1 - rooi soetrissie, in repies gesny
  • 500 g - botterskorsie, in hapgrootte blokkies gesny
  • ’n groot klont botter -
  • 3 - eetlepels bros uievlokkies

1 Meng die aartappels, olie, rissie, gemengde kruie, soetrissie en botterskorsieblokkies in 'n groot foeliebak en geur dit behoorlik met sout en peper.

2 Stip die groente met die botter en maak die bak behoorlik toe met foelie - reg om te braai! Krap die kole oop en sit die bak op 'n skoongekrapte braai­bodem met matige kole rondom gepak. Braai dit vir ongeveer 20 minute; skud die bak in dié tyd 'n paar keer om seker te maak die groente braai eweredig. Laat staan dit vir vyf minute en toets die groente - pasop vir die stoom! Sodra die groente heerlik sag en gebraai is, stip dit sommer met nog 'n klont botter, strooi die bros uievlokkies oor en lê weg.

Ry & Sleep sê

Hoe groter die groentestukke, hoe langer gaan dit braai. Gebruik jou oordeel en dink hoe jy daarvan hou.

Johané Neilson | Foto: Ed O’Riley