Kos + wyn

Braaivoorgereg: Spiraalbroodjies met heerlike knoffelbotter

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 800 g - winkelbrooddeeg teen kamertemperatuur (nie yskaskoud nie)
  • 1 rolletjie (150 g) - sagte knoffelbotter (ons het Parmalat s’n gebruik)
  • 3 eetlepels - olyfolie (of soos nodig)
  • ’n bossie - knoffelgrasuie, fyngekap (opsioneel)
  • 8 eetlepels - fyn parmesaan

1 Verdeel die deeg en knoffelbotter albei in 8 gelyke dele.

2 Verf die brooddeeg met 'n bietjie olie om te keer dat dit aan die werkoppervlak vassit. Rol een stuk deeg op 'n slag plat uit in 'n reghoek, so dun as wat jy kan. Smeer 'n hoeveelheid knoffelbotter, sprinkel 'n strooisel kruie en 'n eetlepel kaas oor elkeen en rol die deeg in die lengte op om 'n worsie te vorm.

3 Rol die gevulde deegworsie in 'n spiraal (soos 'n slakkie), sit dit eenkant en herhaal die proses met die res van die bestanddele.

4 Bedek die rolletjies met 'n braaibak se deksel en laat dit vir 15 minute rys.

5 Voorverhit 'n gietysterpan oor die kole tot warm. Voeg 'n skeutjie olie by en braai die broodjies in sarsies (en omdraai-omdraai) tot goudbruin en deurgaar. Afhangend van hoe dik die broodjies is, neem dit 10-15 minute.

Ry & Sleep sê

Hoe platter die gevulde botterbroodjies, hoe vinniger sal hulle gaar braai. Jy kan dit natuurlik ook sonder olie in 'n toeknyprooster braai vir heerlike knoffelbotter­gevulde roosterkoek.

Johané Neilson | Foto: Ed O’Riley

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM