Kos + wyn

Stap-vir-Stap: Botterskorsie-lasagne

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 300g - ricottakaas, gekrummel
  • 300g - romerige fetakaas
  • 1 - eier
  • 15ml - gekapte sagte kruie (salie, pietersielie, grasui)
  • 30ml - melk
  • 500g - lamsworsies of Italiaanse varkworsies met kruie
  • 3 - knoffelhuisies, gekap
  • - 1 blik (400 g) gekapte tamaties, opsioneel
  • 250ml - gaar spinasie, gekap
  • - sowat 1 kg botterskorsie
  • 30ml - olyfolie
  • 500ml - gerasperde mozzarella
  • 60ml - gerasperde parmesaankaas

1. Meng die ricotta, feta, eier, kruie en melk met 'n vurk. Geur ruim met sout en peper.

Photo: ER Lombard
Photo: ER Lombard

2. Haal die derm van die worsies af en braai die vleis tot goudbruin en krummelrig. Skep uit en braai die knoffel vir 'n minuut of twee. Giet die tamatie by en kook tot dik en ingedamp. Dit is 'n belangrike stap indien jy die tamatie gebruik anders is die gebakte gereg sopperig. Vervang gerus met 125 ml songedroogde-tamatiepesto as die tyd knyp. Roer die vleis en spinasie deur die sous en verwyder van die hitte.

Photo: ER Lombard
Photo: ER Lombard

3. Skil die botterskorsie en sny met 'n mandoliensnyer of skerp mes in dun skyfies. Hoe dunner hoe ewerediger sal die gereg bak. Smeer die skyfies met die olyfolie en geur met sout en swartpeper.

Photo: ER Lombard
Photo: ER Lombard

4. Voorverhit die oond tot 200°C. Smeer 'n middelslag-oondbak met nog 'n bietjie olyfolie. Pak die gegeurde botterskorsieskyfies, ricottamengsel, vleisvulsel en gerasperde mozzarella in lagies daarin. Hou sowat 60 ml mozzarella uit. Eindig met 'n smeersel ricottamengsel. Bedek met foelie en bak vir 45 minute. 'n Drupbak is wenslik, want soms kook die vloeistof oor in die oond. Verwyder die foelie, meng die behoue mozzarella en parmesaan en strooi bo-oor (ek hou van 'n paar salieblare ook). Bak oop vir nog 15-20 minute of tot goudbruin en gaar.

Photo: ER Lombard
Photo: ER Lombard

Ta da! Laat die gereg 15 minute staan voor opdiening. Geroosterde dennepitte rond dit mooi af.