- 3 eetlepels - olyfolie
- 1 - ui, fyngekap
- 2 - wortels, gerasper
- 1 kg - maalvleis
- 2 - knoffelhuisies, fyngedruk
- 1 eetlepel - braaivleisspesery (ons het Six Guns Grill Seasoning gebruik)
- 1 blikkie (70 g) - tamatiepasta (as jy hou van ’n byt, kies een met brandrissie)
- 2 blikke (400 g elk) - kersietamaties (of gebruik gekapte tamatie)
- 1 koppie - tamatieblatjang (ons gebruik Woolworths s’n)
- 250 g - lasagnevelle
- - VIR DIE WITSOUS
- ½ koppie - botter
- ¾ koppie - meel
- 1 liter - melk
- 1 koppie - hoender- of beesaftreksel
- 900 g - kaas, gerasper (dit klink oordadig, maar jy het minstens 3 koppies nodig)
1 Verhit die olie en braai die ui en wortel daarin tot glansend. Voeg die maalvleis en knoffel by en braai dit tot goed bruin. Breek die vleis deurgaans met 'n spaan sodat dit mooi fyn korrels vorm.
2 Roer die speserye en tamatiepasta by die pot en braai dit vir nog 'n paar minute. Voeg dan die tamatie en blatjang by en smoor die mengsel terwyl jy die witsous maak.
3 Maak die witsous Smelt die botter, klits die meel by en braai die mengsel vir 'n paar minute. Klits nou die melk en aftreksel geleidelik by - dit keer dat klonte vorm. Prut die sous tot dit lekker dik is en jy nie meer rou meel proe nie. Die aftreksel geur die sous, maar voeg gerus sout en peper na smaak by.
4 Skep nou driekwart van die vleis uit die potjie. Pak 'n lagie pastavelle bo-op die vleis in die pot en giet 'n lagie witsous bo-oor. Skep weer 'n lagie vleis bo-op, weer gevolg deur pasta en sous, en herhaal dan die lae tot al die bestanddele op is. Breek die pasta sodat dit pas. Eindig met witsous en strooi dan die kaas oor. Sit die deksel op die pot.
5 Prut nou die lasagne oor matige kole vir sowat 'n uur - onthou om 'n paar kooltjies op die deksel te pak. Laat dit vir 10 minute staan voordat jy almal roep om op te skep.
Ry & Sleep sê
'n Strooisel vars basilie is nie net mooi nie; dit smaak ook heerlik.





