Heerlike mac-en-kaas (met spek!)

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 500 g - macaroni
  • 60ml - botter
  • 200g - spekstukkies
  • 45ml - meel
  • 350ml - melk
  • 250ml - aftreksel
  • 250ml - gerasperde kaas
  • neutmuskaat (opsioneel)
  • 200g - kersietamaties, in skyfies gesny

1. Kook die pasta vir 5 minute in soutwater en voorverhit die oond.

2. Smelt die botter in 'n kastrol en braai die spek tot bros. Klits die meel by en braai tot skuimerig. Klits die melk en aftreksel geleidelik by tot so glad as wat die spek toelaat; laat prut tot effens verdik. Roer die helfte van die kaas by. Proe of nog sout en peper nodig is (onthou, die aftreksel is reeds sout); ek hou van 'n knippie vars neutmuskaat.

3. Roer die pasta deur die sous en giet dit in 'n oondbak. Rangskik die tamaties bo-op, strooi die oorblywende kaas oor en bak vir 20 minute of tot al die kaas gesmelt en die pasta deurwarm is.

SPELETJIES VANDAG

CTA