PAS BEKEND | 8 vroue se lyk in Oos-Rand gevind

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Carel Fouché vandeesweek in die Stilfontein-streekhof
Carel Fouché Carel Fouché vandeesweek in die Stilfontein-streekhof. Foto: Susan Cilliers (Susan Cilliers)
Carel Fouché vandeesweek in die Stilfontein-streekhof
Carel Fouché Carel Fouché vandeesweek in die Stilfontein-streekhof. Foto: Susan Cilliers (Susan Cilliers)

Nóg ’n vrou se lyk is Maandag vroegoggend in Thembisa aan die Oos-Rand gevind.

Die 23-jarige vrou se lyk omstreeks 05:45 in Mapungubwe-straat in Thembisa gevind.

Dit is die twaalfde vrouelyk wat sedert Julie in die Oos-Rand gevind is.

Volgens brig. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, was die vrou glo op pad werk toe, toe sy geskiet is.

“Haar besittings is tydens die voorval gebuit,” bevestig Muridili.

Die vrou is intussen geïdentifiseer, maar haar familie moet nog van haar dood in kennis gestel word.

Muridili beklemtoon dat voorlopige ondersoeke daarop dui dat daar nog geen verband vasgestel kan word tussen dié voorval en die ander voorvalle waar vrouelyke gevind is nie.

“Nog niemand is in hegtenis geneem nie en die polisie volg enige leidrade op.”

Netwerk24 het vroeër berig die 11de vrouelyk is Sondag vroegmiddag in ’n oop stuk veld naby Rhokana-weg in Springs gevind.

*Volg Netwerk24 vir meer hieroor.

SPELETJIES VANDAG

CTA