Genoeg vir 6
Voorbereiding: 25 minute
Gaarmaaktyd: 10 minute
• 500g spaghetti
• 1 mediumgroot kop broccoli, stingel verwyder, blomme fyn opgesny
• 125ml gerasperde parmesaankaas
• 125ml geroosterde amandels of kasjoeneute
• gerasperde skil van 1 suurlemoen
• 'n groot hand vol basilieblare
• 1 klein knoffelhuisie
• 'n knippie rissievlokkies
• sowat 60ml olyfolie
• 100g groen olywe gestop met ansjovis, kleiner gesny
1. Kook die pasta in soutwater tot al dente.
2. Terwyl die pasta kook, sit die fyngekapte broccoli in 'n groot mengbak en giet kookwater oor. Laat staan vir 5 minute. Dreineer en sit die geblansjeerde blomme in die bak van 'n voedselverwerker. Voeg die kaas en die neute, suurlemoensap, basilie, knoffel, rissievlokkies en olyfolie by en verwerk tot glad.
As die motor sukkel, kan jy 'n skeppie pastawater byvoeg om die lem aan die draai te kry en die sous sommer 'n bietjie te verdun. Proe, en geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper.
3. Dreineer die pasta en meng dadelik die helfte van die pesto deur. Skep in diep bakkies, met 'n ekstra skeppie pesto, 'n paar druppels olyfolie en 'n strooisel olywe op elke bakkie.
Sit dadelik voor.
Wenk Ek hou daarvan om peri-perineute te gebruik. Die branderigheid saam met die broccoli is heerlik en dan hoef ek ook minder sout en rissievlokkies by te voeg






