- 1,4 kg - biefkortrib-braaistuk
- - sout en baie varsgemaalde swartpeper na smaak
- 1 - groot ui, grofgekap
- 3 - wortels, geskil en grofgekap
- 2 - preie se wit gedeeltes, grofgekap
- 2 - selderystingels, grofgekap
- 3 - knoffelhuisies
- 2 eetlepels - tamatiepasta
- 1 koppie - droë witwyn
- 2 blikke (400 g elk) - heel tamaties
- 1 teelepel - bruinsuiker
- 2 - lourierblare (opsioneel)
- sowat 2 eetlepels - rooiwynasyn
- 600 g - pappardelle
- - varsgerasperde parmesaan vir opdiening
Oondtemperatuur 160 °C
Só maak jy
1 Pols die ui, wortels, preie, seldery en knoffel saam om 'n growwe pasta te vorm.
2 Voorverhit die oond. Verhit 'n dikboomkastrol of -pan en braai die vleis sorgvuldig totdat dit oraloor 'n mooi goudbuin kors het. Kortrib is vetterig; probeer om nie ekstra olie by te voeg nie. Geur ruim met sout en peper. Skep die vleis uit en behou sowat 2 eetlepels vet in die pan.
3 Braai die fyn groentemengsel vir 'n paar minute daarin tot geurig. Roer die tamatiepasta en suiker by en braai vir nog 'n minuut voordat jy die wyn byskink. Laat die vloeistof vir 'n minuut of twee driftig kook.
4 Knip met 'n skerp kombuisskêr die tamaties in die blikke kleiner en giet dit dan met sous en al by die pan. Spoel elke blik met ½ koppie water uit en skink dit ook by. Voeg die vleis en lourierblare by die sous, bedek die kastrol en laat dit vir sowat 3 ure rustig in die oond bak totdat die vleis smeltsag is.
5 Skep enige oortollige vet af en verwyder die bene en lourierblare. Skep die vleis uit, vlok dit met twee Skep die vleis uit, vlok met twee vurke en voeg - saam met die asyn - terug by die sous en hou warm.
6 Kook die pasta volgens die aanwysings op die pakkie, roer dit deur die warm ragu en sit dadelik voor met die kaas en ekstra varsgemaalde swartpeper.
Wenk
Kleiner stukke kortrib sal vinniger sag word, maar die gereg smaak op sy beste as jy dit lank en stadig gaarmaak.
As jy die ragu die dag voor die tyd berei, rooster dit dan vir slegs 2 uur 30 minute en laat die kastrol in die oond afkoel. Laat dit oornag verkoel, skep die gestolde vet af en verhit voor opdiening.







