Kos + wyn

KYK | Suurlemoen-mousse met 3 bestanddele!

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 250ml - room
  • - halwe blik (192,5 g) kondensmelk
  • 60ml - varsuitgedrukte suurlemoensap
  • - gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • 12 - uitgeholde suurlemoenhelftes
  • - goeie ekstrasuiwer olyfolie en ’n knippie seesoutvlokkies vir voorsit

1. Klits die room styf met 'n elektriese klitser. Klits die kondensmelk, suurlemoensap en -skil in 'n aparte bak saam tot dik. Vou die twee saam tot net gemeng, jy wil soveel lug as moontlik behou.

2. Skep die mousse in die suurlemoenhelftes en vries vir 'n paar uur tot bevrore. Die tekstuur in sulke klein porsies is vir my beter wanneer dit nie kliphard is nie. As jy dit dus 'n dag voor jou partytjie reeds berei, haal die bootjies eenvoudig 'n uur voor opdiening uit die vrieskas. Garneer met olyfolie en sout.

WENK: Alternatiewelik kan jy die mousse vries in 'n broodpannetjie wat met kleefplastiek uitgevoer is. Keer dit voor opdiening uit, verwyder die plastiek en sit voor in skywe. Garneer soos bo met 'n skeutjie goeie olyfolie en 'n strooisel seesoutvlokkies.