Jy kan dit in 'noond of drukkoker voorberei, maar jy sal jou ketelbraai moet inspan vir 'nheeldag-kooksessie om die manne te beïndruk.
Jy benodig
- 1,5-2 kg beesvleis (chuck of brisket)
- 1 koppie beesvleisaftreksel
- ½ koppie balsemieke asyn
- 2 eetlepels sojasous
- 'n knippie gemaalde swartpeper
- 5 knoffelhuisies
- 2 eetlepels botter of olyfolie
- 6 rolletjies
Só maak jy
1. Plaas die vleisen al die bestanddele - behalwe die botter en dierolletjies - in 'n swartpot. Bedek die pot met tweelae foelie en 'n deksel.
2. Kry kole in 'nketelbraai gereed vir die indirekte kookmetode. Krapdie kole na die kante en plaas die pot op dierooster in die middel. Die kole moet louwarm wees -kyk of jy jou hand vir 8 sekondes 10 cm bo dierooster kan hou voor jy dit moet wegpluk. Vul diekole ná 'n paar uur aan indien nodig, maar sorgdat die hitte baie laag bly. Indien jy 'ngasketelbraai of 'n oond gebruik, moet die temperatuur teen120 °C gehou word.
3. Ná 5-6 uur (ofwanneer die interne temperatuur van die vleis 71°C bereik) sal die vleis maklik met 'n vurk gevlokkan word. Verwyder die vleis versigtig, plaas op 'nhoutbord en bedek met foelie.
4. Kook die sappein die pot totdat dit met die helfte verminderhet. Trek die vleis uit mekaar met vurke en sprinkeldie botter of olyolie en 'n soplepel van die sousdaaroor. Voorsien elkeen van 'n rolletjie en'n doopbakkie met sous (blikbekers werk goed!). Laatelkeen sy rolletjie met vleis vul en die rolletjie -vleis en al - in die sous doop voordat hulle wegval.













