Kos + wyn

Drie-bestanddeel-katjiebotterkoekies

Foto: Francois Oberholster
Foto: Francois Oberholster
  • 260 g - katjiebotter*
  • 1 - eier, geklits
  • 200 g - suiker

1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Kry jou kombuisskaal en weeg die katjiebotter af in 'n mengbak. Voeg die suiker en eier by en meng met 'n houtlepel tot glad. Rol teelepels vol van die deeg in balletjies en rangskik op 'n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is. Druk elke balletjie versigtig platter met 'n vurk sodat dit lyntjies op die bokant vorm.

2 Bak vir 10-12 minute. Die happies sal nog effens sag voel. Laat eers 'n bietjie afkoel en plaas dan versigtig op 'n draadrakkie om heeltemal af te koel. Heerlik!

* Die bynaam "katjiebotter" vir grondboontjiebotter verwys na die swart kat op een van die bekende etikette.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM