Kos + wyn

Ekonomiese sjokoladepoeding

Vir 6 | Voorbereityd 5 minute | Baktyd 45 minute

Soms gooi sy net 'n bietjie meer water by as sy 'n meer souserige poeding wil bak. Die aarbeie en witsjokolade is ons variasie.

Jy benodig

• 4 eetlepels botter

• ½ koppie suiker

• 1 teelepel vanieljegeursel

• 1 eier, geklits

• 1 koppie bruismeel

• 2 eetlepels kakaopoeier

• ½ koppie melk

• 1 blikkie (410 g) ingelegde aarbeie

• 100 g witsjokolade

Vir die bolaag

• ½ koppie suiker

• 2 eetlepels kakao

• 1½ koppie kookwater

Só maak jy

1. Verroom die botter, suiker en vanielje totdat dit lig en romerig is. Voeg die eier by en meng dit goed.

2. Vou die meel en kakao beurtelings saam met die melk deur die mengsel en skep dan die beslag in 'n gesmeerde bak of platboompotjie. Dreineer die aarbeie en skep dit bo-op.

3. Vir die bolaag: Strooi die suiker en dan die kakao bo-oor die beslag. Gooi dan die kookwater ook direk oor die beslag, sonder om dit te roer. Sprinkel dan die sjokolade oor.

4. Sit 'n deksel op en bak dit dan vir ongeveer 45 minute in warm kole (met ook 'n paar kole bo-op die deksel) totdat die bolaag gaar is en 'n dik sous onderin gevorm het. Of bak die poeding in 'n voorverhitte oond teen 190 °C.

Vervang die aarbeie met 'n hand vol gekapte fudge.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM