Kos + wyn

Glippertjieslaai

Glippertjieslaai
Glippertjieslaai
  • 4 - gerookte varkrepe (“rashers”), elk in 3 blokke gesny
  • 1 - soetrissie, in 2 cm-blokkies gesny
  • 2 - perskes, ontpit en in kwarte gesny
  • 8 - pikantrissies gestop met fetakaas
  • 250 ml - pastarys, gaargemaak tot al dente en afgekoel
  • 125 ml - mayonnaise
  • 15 ml - matige kerriepoeier
  • ½ - ui, fyngekap
  • 30 ml - platblaarpietersielie, fyngekap

1 Ryg die varkblokkies, soetrissie, perske en pikantrissies op sosatiestokkies en braai dit in die pan, onder 'n voorverhitte rooster-element of oor die kole tot gaar. Verf liggies met olyfolie as jy wil vir geur en kleur.

2 Meng die gaar pasta, mayonnaise, kerrie, ui en pietersielie, geur met sout en peper en sit dit voor saam met die varkkebabs.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM