Kos + wyn

Hoe maak hulle? Só maak hulle

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
sjefs
sjefs

Sjefs se lewe draai om kos en hulle is gedurig aan die eksperimenteer. Seer sekerlik beplan hulle iets baie spesiaals vir Braaidag?

Kamini Pather is 'n Suid-Afrikaanse sjef, kosblogger, asook televisie- en radiopersoonlikheid.

Sy het die tweede reeks van MasterChef South Africa in 2013 gewen en die kos-en-reisreeks Girl Eat World aangebied.

Op die vraag oor wat sy gewoonlik op Braaidag doen, antwoord sy: "As jy iets anders doen as braai, is jy ooit 'n Suid-Afrikaner? Maar ook, ek het nie 'n rede nodig om te braai nie."

Sy het pas haar nuwe kookboek klaargemaak. Dit handel oor interessante, moderne maniere om speserye en Indiese tegnieke in jou daaglikse lewe in te sluit. "Dié Braaidag wil ek presies dit doen - nog Indiese speserye by die etes voeg, in die gees van Erfenisdag, die oorspronklike naam van die dag.

"Ek dink daaraan om borriewortel-aartappelslaai te maak met kalonji-sade (nigella seeds), kerrie-mayo en bros kerrieblare. Of tandoori-gekruide blomkool steaks, of oopgevlekte garnale in 'n marinade gemaak van my ouma se masala, hope knoffel, suurlemoen en koljanderblaar."

Sjef Kamini geniet op Braaidag enige kos en drankies.

" 'n Braai is altyd 'n verskoning om heeldag buite te wees en die sonskyn en goeie vibes te geniet. Ek hou daarvan dat ek die dag teen 'n rustige pas kan vat en heeldag kan kuier met 'n drankie in die hand.

Braaidag is die een dag waarop daar nie te veel van enigiets kan wees nie. Hoekom moet mens terughou? Jy braai dit waarmee jy grootgeword het. Jy vier jou erfenis en dié van jou landgenote. Dis 'n dag waarop ons 'n glasie klink saam met elkeen wat lief is vir Suid-Afrika.

—  Marinda Engelbrecht

"Met die weer wat uiteindelik nou lekker is, is 'n G&T dalk perfek - Bloedlemoen, Fitch & Leedes se suikervrye Indiese kinawater, 'n skyfie lemoen en 'n paar kerrieblare klink na die beste manier om 'n perfekte Suid-Afrikaanse dag te begin."

Mynhardt Joubert is 'n glanssjef, kosstilis, 'n voormalige Kokkedoor-wenner, eienaar van die Mynhardt's Cathedral Cellar Kitchen, asook handelsmerk­ambassadeur vir KWV-wyne. Op Braaidag onthaal hy graag mense in sy tuin in die Paarl. "Ek kook dan lekker en maak kos gaar op die vuur en in die pizzaoond. Ek hou daarvan om goed te wees vir die mense rondom my en hulle lekker te bederf."

Hy meen vanjaar vir Braaidag gaan hy 'n slag sy familie-resepte kook omdat hy na sy mense in die Vrystaat verlang.

"Ek gaan my gaste 'n egte Vrystaatse ervaring gee soos ek onthou van my grootwordjare op die plaas in die Oos-Vrystaat."

Wat drankies betref, sê sjef Mynhardt hy is lief vir lekker bier en het onlangs in Engeland nuwe biere op die proef gestel.

"Ek gaan dus 'n verskeidenheid interessante biere vooraf bedien wat jy nie aldag sien nie. Dit sal in groot, ysgevulde emaljekomme koud gehou word.

"Daarmee saam, as deel van my Vrystaatse ervaring, gaan ek vingerhappies van die kole af bedien, soos skilpadjies, lamskerrie-sosaties, roosterkoek met nastergal en plaasbotter.

"Ons is lekker bederf met al die wonderlike wyn hier in die Boland en ek gaan my gaste op 'n reis neem met interessante wyne en variëteite wat ons soms min aandag aan gee, soos lekker pinot grigio, droë rosé, pinot noir en 'n paar lekker versnitte wat dan goed pas by die skaapboud wat ek gaan spitbraai, mieliebrode uit die pizzaoond en lekker lamsafval uit die swartpot."

Marinda Engelbrecht vervul ook menigte rolle, onder meer as bekende sjef, koskenner en kookboekskrywer. Sy het selfs 'n eie kosreeks op die kanaal VIA genaamd Marinda kook.

Sy meen Braaidag is gewoonlik 'n dag vir langbeen kuier saam met vriende en familie.

Sy meen Braaidag is gewoonlik 'n dag vir langbeen kuier saam met vriende en familie.

"Met 'n glasie iets yskoud en dan maak jy vuur met regte, egte hout - en jy bráái! Jy moet die vuur kan ruik!"

Sy beplan 'n behoorlike kuier met vanjaar se Braaidag. "Daar sal beslis 'n staanrib wees, boerewors, en my rooi-hoender - dis die kinders se gunsteling. En wat is 'n braai sonder 'n braaibroodjie? Net met wit goewermentbrood, gerasperde regte kaas, uie en tamatie met sout en witpeper en dik botter aan die binnekant gesmeer. En dan 'n bak aartappelslaai met gerasperde eier bo-op."

Marinda sê Braaidag is die een dag waarop daar nie te veel van enigiets kan wees nie. "Hoekom moet mens terughou? Jy braai dit waarmee jy grootgeword het. Jy vier jou erfenis en dié van jou landgenote. Dis 'n dag waarop ons 'n glasie klink saam met elkeen wat lief is vir Suid-Afrika."

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM