Kos + wyn

Hoender parmesaan

Foto: Elza Cooper
Foto: Elza Cooper
  • 6 - hoenderborsfilette
  • - sowat 250ml tuisgemaakte broodkrummels
  • 180 ml - gerasperde parmesaan
  • 1 - 3 - knoffelhuisies (na smaak)
  • 1 - bossie vars kruie soos origanum, pietersielie en tiemie
  • - ’n goeie knippie paprika
  • 3 - eiers
  • - sowat 200ml meel
  • - olie vir vlakbraai
  • 6 - skyfies mozzarella
  • 6 - takkies tiemie
  • - sowat 80ml basiliepesto
  • - sowat 300g pasta
  • - vars basilie
  • - MARINARASOUS
  • 15 ml - olyfolie
  • 1 - ui, gekap
  • 1 - knoffelhuisie, gekap
  • 1 - blik heel tamaties
  • 3 - vars tamaties, gerasper oor die groot gate van ’n vierkantige rasper
  • 3 - takkies vars origanum
  • - ’n goeie knippie droë rissies
  • - ’n goeie knippie suiker
  • 125ml - room

1 Maak die sous Verhit die olyfolie in 'nkastrol oor matige hitte en braai die ui totglansend. Voeg die knoffel by en roerbraainog 'n minuut. Voeg die tamaties, kruie,speserye en suiker by. Gebruik 'n aartappeldrukker om die heel tamaties teverpulp. Bring tot kookpunt, verlaag die hitteen laat prut liggies, onbedek, terwyl jy diehoender gereed kry. Hou 'n oog op die sousse dikte.

2 Maak 'n insnyding aan die onderkant vanelke hoenderborsie om dit oop te vlek. Sit ditdan tussen twee lae kleefplastiek en kap met'n vleishamer tot dit sowat 1 cm dik is.

3 Meng die broodkrummels, 120 ml van dieparmesaan, knoffel en kruie in 'n voedsel-verwerker. Geur met paprika, sout en peperen meng goed. Keer uit in 'n vlak bak vir diedoopslag. Klits die eiers saam met dieoorblywende parmesaan in 'n vlak bak engeur met 'n knippie sout en peper; hou diemeel in 'n derde bak.

4 Doop die voorbereide hoender in die meel,dan die eiers, en laastens in die gegeurdekrummels. Laat dit vir 10 minute in die yskasrus sodat die krummels kans kry om goed tekleef voor jy dit braai.

5 Voorverhit intussen die oond en bring diepastawater tot kookpunt. Vlakbraai diehoender aan weerskante tot mooi bruin.Doen dit in sarsies indien nodig sodat jou pannie oorvol is nie. Sit die gebraaide hoender op'n bakplaat, voeg die mozzarella en tiemie byen bak vir sowat 8-10 minute of tot die kaasbegin borrel. Kook die pasta tot al dente enmeng met die pesto. Voeg die room by diemarinarasous en geur na smaak met sout en peper.

6 Om voor te sit Skep 'n lepel marinarasousop elke bord, gevolg deur 'n porsie pesto-pasta. Plaas 'n hoenderborsie bo-op engarneer met 'n paar vars basilieblare.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM