- 1,7 kg - hoenderporsies
- 45 ml - olyfolie
- 2 - groot rooi soetrissies, in repies gesny
- 1 - ui, gekap
- 80 ml (50 g) - sondroogtamaties in vinaigrette, gesnipper
- 2 - knoffelhuisies, fyngekap
- 150 g - chorizowors, in skyfies gesny
- 250 ml - arborio- of langkorrelrys
- 280 ml - hoenderaftreksel
- 175 ml - droë witwyn
- 15 ml - tamatiepuree
- 2,5 ml - paprika
- - sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- - bevrore ertjies
1 Geur die hoenderporsies met sout en varsgemaalde swartpeper.
2 Verhit die helfte van die olyfolie in 'n groot kastrol en braai die hoenderporsies oraloor tot goudbruin. Braai slegs 'n paar stukke op 'n slag.
3 Braai die soetrissies en uie in dieselfde kastrol tot sag - gooi nog olyfolie by indien nodig. Voeg die knoffel by en roerbraai vir nog 'n minuut. Gooi die chorizo en sondroogtamaties by en roerbraai vir 'n paar minute.
4 Gooi die rys in die kastrol en roer dit totdat dit oraloor met olie bedek is. Voeg die aftreksel, wyn, tamatiepuree en paprika by. Verhit dit tot kookpunt en verlaag dan die hitte.
5 Skep die hoenderstukke bo-op die rys. Dis belangrik dat die rys met vloeistof bedek moet wees. Laat dit stadig vir 50-60 minute prut of totdat die rys en hoender gaar is. Roer die ertjies net voor opdiening by.














