Kos + wyn

Nartjiepoeding

Foto: Myburgh du Plessis
Foto: Myburgh du Plessis

Vir 4-6

Voorbereityd 20 minute

Baktyd 50 minute

Jy benodig

• 4 eetlepels (60 g) botter teen kamertemperatuur

• 1 koppie suiker

• 3 eetlepels nartjieskil, fyngerasper

• 3 eiers, geskei

• 1 koppie (250 ml) room

• 5 eetlepels koekmeel

• 100 ml vars nartjiesap

Só maak jy

1 Voorverhit die oond tot 170 ºC en smeer 'n 22 x 22 cm-bak met botter. Kry 'n groter oondpan gereed en kook solank 'n ketel water.

2 Verroom die botter, suiker en nartjieskil tot lig gekleur. Klits dan die eiergele een vir een daarby.

3 Voeg die room by en klits dan die meel eetlepel vir eetlepel by tot dit heeltemal gemeng is. Voeg die sap by en klits tot 'n gladde beslag.

4 Klits die eierwitte in 'n aparte mengbak styf en vou dit liggies deur die beslag - moenie dit te veel meng nie.

5 Skraap die beslag in die gesmeerde oondbak uit. Plaas die oondbak in die groter oondpan en skink warm (nie kokend nie) water rondom totdat die oondbak halflyf in die water staan. Plaas dit versigtig op die middelste oondrak en bak vir 50 minute. Die poeding is gereed as die bokant goudbruin is en fyn krakies vorm.

WENK

Die poeding sal 'n gebakte bolaag hê, met 'n dik, suur sousie onder. Jy kan dit net so warm of teen kamertemperatuur voorsit.

Aletta Lintvelt

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM