Kos + wyn

Noedelroerbraai met bros varkvleis

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
asd
asd
  • 4 - vark-schnitzels
  • 600 g - vars, gemengde roerbraaigroente
  • - sowat 60 ml hoisin- of teriyakisous
  • 400 g - roerbraainoedels (gekook volgens die aanwysings op die pakkie)
  • 30 ml - sesamsaad

1 Verhit 'n bietjie olie in 'n warm pan en braai die schnitzels tot goudbruin en bros alkant. Skep uit en hou eenkant.

2 Roerbraai nou die groente in dieselfde pan oor hoë hitte vir 3-5 minute of tot so gaar soos jy daarvan hou. Roer die hoisinsous en die noedels deur en braai vir 1-2 minute tot geurig.

3 Verdeel die roerbraaimengsel tussen bakkies of borde, sny die schnitzels in repies en skep bo-op. Strooi laaste die sesamsaad oor en geniet warm.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM