Kos + wyn

Ongebakte suurlemoentert met meringue

Jy benodig (genoeg vir 8-10)

  • 1 pak (200 g) tennisbeskuitjies, fyn gekrummel
  • ¼ koppie gesmelte botter
  • 1 pakkie (80 g) suurlemoenjellie
  • 1 bottel (500 g) suurlemoensmeer (lemon curd)
  • ¼ koppie kondensmelk
  • 100 g pak meringues
  • 1 blik (155 g) room, oornag verkoel

Só maak jy

1 Meng die fyn koekiekrummels en botter en druk dit in die bak vas. Houdit eenkant.

2 Los die jellie in 1 koppie warmwater op in 'n grootbak en voeg 1 koppiekoue water by. Laat dit effens stol.

3 Meng die jellie, suurlemoensmeer en kondensmelk tot 'n gladde mengselvorm. Skep dit oor die koekiekors en laat dit eenkant stol vir 45 minute.

4 Breek die meringue grof en meng dit liggies met die room. Skep ditbo-op die tert en val weg!

Ry & Sleep sê

Breek die meringue op in die sakkie deur dit liggies met jou vuis te timmer.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM