- 1,2kg - heel varkrib (sowat 12 ribbetjies)
- ½ - koppie sjerrie-asyn of goeie rooiwynasyn
- 2 - eetlepels gerookte paprika
- 3 - teelepels gemaalde komyn
- 2 - teelepels Weg-braaisout
- 4 - knoffelhuisies, fyngekap
- 2 - eetlepels olyfolie
- 2 - eetlepels heuning
1 Plaas die heel rib bedek met water in 'n groot pot. Bring dit tot by kookpunt en laat prut dan oor matige hitte vir 45 minute.
2 Meng die asyn, speserye, knoffel,olyfolie en heuning en smeer die ribbetjies deeglik in. Bedek en laat rus in die yskas vir enigiets tussen twee uur en twee dae. Die rib moet eers weer kamertemperatuur wees voordat jy dit braai.
3 Haal die rib uit die marinade, en hou die marinade eenkant. Braai die rib oor matige warm kole vir 30 minute in die ketelbraai tot gaar en bros. Smeer die res van die marinade elke nou en dan oor die rib en draai dit gereeld. Sprinkel braaisout na smaak oor. Bedien saam met braaibroodjies en gebraaide mielies.













