Kos + wyn

Vinnige poppers in jou lugbraaier

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Greg Cox
Greg Cox
  • 1 - houer roomkaas met sprietuie
  • 125ml - gerasperde cheddarkaas*
  • 8 - heel ingelegde jalapeño-rissies (hoe groter, hoe beter)
  • 8 - repe spek
  • 5ml - loperige heuning

1. Meng die roomkaas en cheddar tot glad.

2. Sny die ingelegde rissies sorgvuldig aan die een kant oop van stingelent tot punt en verwyder die membrane en pitte. Werk sorgvuldig - dit is waar die meeste van die byt vandaan kom. Ek vind die pekel dra ook by tot die hittegraad, so klad gerus die rissies goed droog.

3. Skep 'n teelepel of twee roomkaasvulsel binne-in elke rissie, maak seker dit is heeltemal vol en druk netjies toe. Draai elke gevulde rissie toe met 'n reep spek en steek vas met 'n tandestokkie of twee.

4. Sit die gevulde poppers in die mandjie van jou lugbraaier en lugbraai vir 10 minute. Draai die rissies om, verf met die heuning en lugbraai nog 5-10 minute of tot oraloor mooi bruin en glansend. Onthou om die tandestokkies te verwyder voordat julle weglê!*

Meng gerus fyngekapte glanskersies of groenvye by as jy hou van 'n sweempie soet, of eksperimenteer met verskillende kase - mozzarella smelt fantasties, bloukaas is pikant en bokkaas gee persoonlikheid!

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM