Kos + wyn

RESEP | Volgraan-bierbroodjies

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Food shoot for weg and go magazine.  January 2024. Photo: Shelley Christians
Food shoot for weg and go magazine. January 2024. Photo: Shelley Christians
  • 3 koppies - volgraanbruismeel
  • 2 eetlepels - bruinsuiker
  • ’n groot knippie - sout
  • ½ koppie - gemengde saadjies
  • 1 botteltjie (330 ml) - bier
  • 2 eetlepels - olyfolie

Oondtemperatuur 180 °C

1 Voorverhit die oond. Smeer 4 blikbekers goed met olie. (Ek sit ook 'nkolwyntjierokkie onderin elke beker; dit help om te keer dat die broodjiesvassit.)

2 Meng die bruismeel, bruinsuiker en sout saam. Roer twee eetlepelssaadjies by. Roer nou die olyfolie en bier by tot die beslag net-net glad is.Verdeel tussen die voorbereide bekers en strooi die res van die saadjiesbo-oor.

3 Bak vir sowat 35 minute of totdat 'n toetspen skoon uitkom. Laat afkoelen keer uit op 'n draadrakkie om heeltemal af te koel.

Wenk

As jou wegbreekplek nie 'n oond het nie, voorverhit 'n groot platboompot (met sy deksel op) op 'n braaidriehoek oor warm kole.

Sodra die pot warm is, lig die deksel versigtig, pak die bekerbroodjies binne-in en sit die deksel weer op. Skep 'n paar kole op die deksel en bak totdat die brood gaar is. Maak vooraf seker die blikkies pas in die pot!

Johané Neilson | Foto: Shelley Christians

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM