Kos + wyn

Sjokolade-tiramisu

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Francois Oberholster
Foto: Francois Oberholster
  • 200 ml - sterk koffie, afgekoel
  • 30 ml - Kahlua of brandewyn (opsioneel)
  • - sowat 24 vingerkoekies
  • - sjokoladekrulle, kakao en vars kersies vir garnering
  • - VULSEL
  • 1 - sakkie (15 ml) poeiergelatien
  • 6 - eiergele
  • 60g (75ml) - strooisuiker
  • 2 x 250 g - mascarponekaas
  • 250 ml - room, styfgeklits
  • 100 g - donkersjokolade, gesmelt

1 Voer 'n groot broodpan uit metkleefplastiek. Meng die koffie en likeur endoop 8 van die vingerkoekies in die koffie;pak 'n lagie koekies onderin dievoorbereide pan.

2Maak die vulsel Roer 30 ml koue waterby die gelatien in 'n bakkie en laat staan totgespons. Smelt dit dan deur die bakkie in'n groter bak kookwater te sit en versigtig teroer tot loperig. Klits die eiergele en suikersaam in 'n groot mengbak oor 'n kastrolmet 'n bietjie kookwater in - dis belangrikdat die mengbak nie aan die waterraak nie. Sit nou die kastrolop die stoof oor lae hitte en klits tot dik en lig van kleur (sowat 5 minute). Haal van die hitte af en giet oor in'n skoon mengbak. Roer die gesmeltegelatien en mascarpone by en vou laaste diestywe room ook in.

3 Giet die helfte van die romerige vulsel oordie eerste laag koekies in die pan en pak dannog 'n laag gedoopte koekies daarop. Mengdie gesmelte sjokolade by die oorblywendevulsel en giet bo-oor. Doop dadelik die laaste8 koekies in die koffie en pak in 'n laaste lagiebo-op. Sit in die yskas tot gestol.

4 Om voor te sit, keer die tert uit op 'n mooibord en verwyder die plastiek.Versier met 'n lagie gesiftekakao, sjokoladekrulle en bessies.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM