Kos + wyn

Cap Classique: Statige dame vanjaar se beste

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die trofeewenners van die 2025 Amorim Cap Classique-uitdaging van links Lizemari Geldenhuys (Graham Beck Wines), Karl Lambour (Tokara), Elunda Basson (Steenberg), Nataleé Botha (Kleine Zalze) en Lizette Stander (Krone).
Die trofeewenners van die 2025 Amorim Cap Classique-uitdaging van links Lizemari Geldenhuys (Graham Beck Wines), Karl Lambour (Tokara), Elunda Basson (Steenberg), Nataleé Botha (Kleine Zalze) en Lizette Stander (Krone). (Foto’s: VERSKAF)

Nes sy naamgenoot, floreer Steenberg se vlagskip-Lady R Cap Classique op alle vlakke – hierdie vonkelwyn wys beslis hy is waardig van sy stigter se naam.

Die Lady R Cap Classique 2019 is vanjaar by die Amorim Cap Classique-uitdaging as die algehele wenner aangewys. Hierdie brut is genoem na Catharina Ras, wat Steenberg in die 17de eeu gestig het.

Die 24ste aflewering van die Cap Classique-uitdaging is verlede Vrydag tydens ’n middagete by Vrymansfontein buite die Paarl aangebied.

Geborg deur:

Tanzanite

Tanzanite
Tanzanite (Tanzanite)

Tanzanite Blanc de Blanc se goue toekenning by die Amorim Cap Classique- uitdaging 2025 is ’n vreugdevolle oomblik.

Dit was lank ’n droom van Melanie om ’n blanc de blanc by haar reeks van brut en brut rosé te voeg.

Die Tanzanite Blanc de Blanc het vir byna 40 maande op die gismoer verouder en het lewendige geure van lemmetjieskil, sitrus en Granny Smith-appels. Dit is sag en vrugtig, met talmende heuningnote en ’n baie fyn mousse. Dit is in die ekstra brut Cap Classique-styl gemaak wat lei tot ’n vars en elegante wyn met finesse. Dit is fyn gestruktureerd, met romerige tersiêre geure en wonderlike verouderingspotensiaal.

Vir meer inligting skakel 082 555 8105 of stuur e-pos na melanie@tanzanitewines.co.za. Besoek ook https://tanzanitewines.co.za/

Altesame 152 Cap Classique-wyne is vanjaar vir die kompetisie ingeskryf en is in die kategorieë vir brut, blanc de blancs, blanc de noir (’n klas wat vir die eerste keer ingesluit is), rosé, verlengde veroudering (sewe jaar en ouer) en nektar (semi-soet) beoordeel.

Benewens die vyf kategoriewenners wat trofeë gekry het, is daar ook ses wyne wat dubbelgoud (96 en meer punte uit 100) en 30 wat goud gekry het.’n Kragtige wynkategorie

Die Kaapse Wynmeester Heidi Duminy, wat die uitdaging se hoofbeoordelaar is, vertel dat hierdie jaar se inskrywings ’n fees van gehalte en styl was.

“Die brut-style het gewissel van wyne met ryk tekstuur en blywende mondgevoel, tot vars en sprankelende style. Blanc de blancs het weer eens beïndruk met hul suiwerheid en giskompleksiteit, terwyl die verlengde veroudering-klasse die ongelooflike potensiaal en kompleksiteit van Cap Classique uitgelig het.

“En soos altyd het die rosés vir verrassings gesorg – van diverse druifsoorte tot ’n verskeidenheid kleure en style,” sê sy.

Joaquim Sá, Amorim se Suid-Afrikaanse hoof, vertel ook dat hierdie veel meer as net ’n kompetisie is. “Dis ’n jaarlikse viering van ’n kategorie wat sedert Simonsig se baanbrekerswerk in 1971 net sterker geword het. Cap Classique is ’n lewende bewys van Suid-Afrika se wynlandskap, sy erfenis én die talent van sy wynmakers.”

Volgens hom is dit die diversiteit van die onderskeie streke in Suid-Afrika wat ons vonkelwyne so uniek maak.

“Van Darling en Robertson tot Elgin, Durbanville en die Paarl – elke streek bring ’n unieke karakter na die bottel. Dit is juis hierdie verskeidenheid wat Cap Classique op die wêreldtoneel so besonders maak,” sê hy.

Hierdie vyf Cap Classique-wyne is vanjaar as die beste in hul onderskeie kategorieë aangewys.
Hierdie vyf Cap Classique-wyne is vanjaar as die beste in hul onderskeie kategorieë aangewys.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM